Om te rou

Rou is ʼn komplekse ding. Veral as jy rou oor iemand wat nie dood is nie.

Moenie my verkeerd verstaan nie, die dood is nie iets wat ek ligtelik opneem nie.

Dit is net as iemand dood is, is daar ʼn verduideliking vir die rou wonde.

 

As iemand nie meer in jou lewe is nie, maar hulle is nog dáár, is dit…ánders. Want jy rou, maar mense verstaan nie noodwendig waarom jy rou nie.

ʼn Stil soort rou.

Maar steeds die fisiese pyn wat jou liggaam in seer laat saamtrek.

 

Die Here het gegee en die Here het geneem.

 

“Verlies”

“Seer”

“Rou” skryf ek in my notaboek.

“Die wond is nog rou….Ek rou.”

 

Ek praat nou die dag met ʼn vrou wat haar kind aan die dood moes afstaan. En die vele fasette van die woord ‘rou’ tref my. My pyn is nie so intens soos haar pyn nie. Tog, sal dit dwaas wees om my eie seer te ontken.

R-O-U: ʼn Drieletterwoordjie waarin so baie emosies opgesluit is.

 

Don’t forget me, please don’t forget me, make it easy on me just for a little while.

 

Daar kom ʼn tyd waar jy net nie meer verlies kan hanteer nie. Jy vind jouself waar jy alleen deur die stad ry op al die plekke waar jy saam met geliefdes was en die herinneringe oor en oor in jou gedagtes afspeel. Of eerder: die herinneringe sny oor en oor aan jou brose hart. Daar het ons gefliek. Hier het ons roomys geëet. Daar het ons piekniek gehou.  Hier het ons in die parkie gespeel toe ons kinders was. Daar het ons gelag totdat ons mae gepyn het.

 

And if you have to leave, I wish that you would just leave, ‘cause your presence still lingers here.

 

Jy kan net nie meer géé nie. Jy kan nie meer iemand in jou lewe toelaat nie. Elke keer wanneer jy iemand nuuts ontmoet is dit asof daar ʼn stadsmuur om jou hart verrys. “Ek sal nie weer geheg raak nie.”

Die nuwe mense wat jy ontmoet sien nie noodwendig die wond nie. Hulle sien die pleisters: emosieloos, teruggetrokke, ongenaakbaar.

 

Die mense wat ek liefhet kom groei op my soos mos. En as daar oorlog kom?…Dit is ʼn seerplek wat net nie wil genees nie.

 

Hoe kan iemand met wie jy so baie gedeel het jou net vergeet? Hoe hanteer jy dit na die (so voel dit) duisendste keer?

Ná dit kyk mens anders na die lewe. Is dit dalk hoe God voel as ek vir dae lank nie bid nie?

 

Jy ontwikkel meer empatie met mense vir wie jy vroeër sou veroordeel. Jy begin meng met mense in wie se rigting jy nie eens sou kyk nie. Mense so anders as waaraan jy gewoond is. So anders as die mense wie jy liefhet.. .liefh …lie… lief voor was. So anders as die mense wat jou alleen gelos het. Weg. Weggegooi. Weggeloop. Weggedood.

 

Eendag word jy wakker en jy besef dat die rou verander het in selfbejammering. Jy gaan lê dieper daarin – of jy kan opstaan. Soms, net soms, ontmoet jy iemand, en herken die ongenaakbaarheid.

Eendag sal jy weer die poort na die middestad van jou hart kan oopmaak, maar jou vertroue is van nou af alleen op God gestel.

What a friend we have in Jesus.

 

Daar is niemand anders as God waarop jy jou vertroue stel nie. En jy verstaan waarom mense – wie jy vroeër as vreemde charismate beskou het – kan sê hulle bring tyd deur saam met Jesus.

 

Oh, what peace we often forfeit. Oh, what needless cross we bear.

Advertisements

5 thoughts on “Om te rou

  1. Ek het eenmaal “toe ek tyd spandeer het met Jesus” en nee ek is nie chrismaties nie, hierop afgekom na ‘n verhouding van 2 jaar deur die ander part verbreek is (was ‘n student) en selfbejammering groot was.

    I walked a mile with pleasure
    She chatted all the way
    But left me none the wiser
    For all she had to say
    I walked a mile with sorrow
    And never a word said she
    But o the things I learned from her
    When sorrow walked with me
    Anoniem

    Liked by 2 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s